web analytics

GOD IS DÁÁR

25 Jul 2011 Comments Off

Deur Benescke Janse van Rensburg

 

Verlede Vrydagoggend het soos enige ander oggend in Oslo, Noorweë begin. Dit is egter toe ’n bom in die middestad van Oslo ontplof en ’n gewapende man twee ure later wild op ’n groep jongmense op die Utoya-eiland begin skiet, dat die dag in ’n nagmerrie verander het. Tot dusvêr het 93 mense in die twee aanvalle gesterf.

 

Die beelde van die beseerde, bebloede mense in die strate van Oslo en die paniekbevange tieners wat deur noodwerkers op die eiland behandel word, het my diep getref. Nie een van hierdie slagoffers en/of hulle families het Vrydagoggend geweet hoe hulle lewens daardie dag ingrypend sou verander nie.

 

Net só tref hindernisse of rampe ons ook soms wat ons lewens ingrypend verander. Jou siek kind sterf. Jy word by die werk afgedank. Jou kollega wat jy vertrou het, steek jou in die rug. Jou huweliksmaat dagvaar jou vir ’n egskeiding. Jou finansiële belegging stort in duie. Of ’n geliefde word in ’n gewapende rooftog beseer.

 

Hierdie hartseer en skok veroorsaak dat ons begin wonder of God van ons vergeet het. Luister egter weer na die woorde in Psalm 23:4: “Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.” (1953-vertaling)

 

God is in elke krisis by ons. Hy wil ons vertroos, genees en deurdra. Kom ons kies dus om in elke moeilike seisoen nader aan Hom te groei – eerder as om ons van Hom en die wêreld te isoleer. En kom ons tree só op teenoor ons geliefdes dat as dit vandag ons laaste dag saam is, ons nooit oor enigiets spyt hoef te wees nie. Sterkte.

 

Vader God, baie dankie dat ek elke uitdaging in my lewe voor U kan kom neerlê. Help my om daagliks nader aan U te groei terwyl ek op u antwoorde wag. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

 

**Benescke Janse van Rensburg is ’n radio-omroeper en vryskutskrywer vir verskeie tydskrifte.

Veiligheid in en om die huis

06 Jun 2011 Comments Off

Ons leef in baie onveilige omstandighede. Ons eie en die veiligheid van ons gesin bly primêr ons eie verantwoordelikheid. Ons kan die verantwoordelikheid nie oordra na ander mense, die kerk, regering of ons bure nie. Hier volg ‘n paar eenvoudige maar belangrike wnke om te volg wat jou en jou gesin se lewe kan red!

Ons kosbare kinders.
Leer jou kinders om NOOIT saam met vreemde mense in voertuie te klim nie.
Maak dit ‘n reël in jou huis dat jy weet waar jou kinders is en saam met wie.
Erken dat jou kinders regte het, leer hulle daardie regte, veral ten opsigte van persoonlike veiligheid, en respekteer hulle regte ook in die ouerhuis.

Leer jou kinders om verdagte omstandighede te identifiseer en om dit te rapporteer.Groot mense se onwelvoeglike gedrag of  taal behoort deur kinders gerapporteer te word sonder vrees vir vergelding en straf.
Maak seker dat jy maklik met jou kind kan kontak maak, en bly in gereelde kontak met jou kind. Nuwe tegnologie maak dit maklik, gebruik dit.
Ken jou kind, wees lief vir jou kind, bid vir jou kind, beskerm jou kind, wys jy gee om en gee vir jou kind ‘n drukkie, spandeer tyd saam met jou kind.

Kinders is ‘n kosbare geskenk van Bo.

Sekerheid in en om die huis.
Maak seker dat jou huis veilig toegesluit kan word.
Indien jy jou sleutels verloor of dit gesteel word, vervang die slotte en kry nuwe sleutels.
Sorg vir goeie beligting by jou deure en maak seker jy weet wie is buite voor jy oopmaak.
Ken jou bure. Kry hulle telefoonnommers en hou ‘n oog oop vir mekaar se eiendom.
As daar ‘n gebiedsbeskermingsaksie vir u omgewing is, raak betrokke daarby. Ondersteun die Gebieds Polisierings Forum (GPF).
Sorg dat jou wapens veilig is en dat jy weet waar die sleutel is, indien jy dit vinnig nodig mag kry.
Moet nie in die aand alleen in die noker op jou erf gaan ondrsoek instel na vreemde geluide nie. Skakel eers jou buite sekerheidsligte aan en laat die bure en die Buurtwag/SAPD weet. Sorg dat jybewapen is indien u aangeval word. Druk die noodknoppie van jou alarm.

Daar is nou alarmstelsels wat met jou selfoon aktiveer word. Gaan na Chubb 911 vir meer inligting.

Veilgheid in en om jou woning.
Kan jy en jou gesin maklik uit jou huis kom as dit brand? Het julle ‘n ontsnaproete en is dit ingeoefen? Moenie wag totdat te laat is nie!
Moet nooit kragpunte oorlaai nie. As jy die kragpunt kan ruik, stel dit reg, daar is ‘n brandgevaar!
Oprolkabels moet altyd uitgerol wees voordat dit gebruik word. Oorverhitting van sulke kabels agv die induktiewe las, kan dit uitbrand of beskadig, en ‘n brand veroorsaak.
As elektriese toerusting water lek, moet die lek dadelik herstel word. Water gelei krag en is lewensgevaarlik.
Het jou huis ‘n brandblusser en rookverklikker? Is dit vir jou belangrik? Hou ‘n brandblusser naby jou kombuis en of vuurherd.
Weet watter chemiese middels nie saam geberg behoort te word nie, bv chloor en olie. Moet nie gevaarlike stowwe in jou huis berg nie. Skaf ‘n veilige toesluit kas aan wat in jou motorhuis of agteref kan staan, waterdig is en nie oopgesluit kan word deur klein handjies nie.
Sluit jou gifstowwe toe en sorg dat dit nie in die verkeerde hande beland nie.
Berg medisyne buite die bereik van kinders en oningeligte mense.
Is jou swembad, visdam, plaasdam veilig vir kinders? Waar moontlik moet dit beskerm word en kleuters moet daar weg gehou word.
Is daar om jou woning enige onbeskermde putte of boorgate waarin kinders kan val? Maak toe!

Ondersoek jou huis en kry ‘n veilige plek waar jy en jou gesin kan gaan skuil indien daar ingebreek word by jou huis. Ons motorhuis is verbind met ‘n deur na ons huis. Voor die motorhuisdeur word ook een van ons motors parkeer oornag. Die deur is dus veilig en kan nie sonder moeite van buite oopgemaak word nie. Ons bêre ‘n selfoon met die noodnommers ingelees op ‘n velige plek in die motorheuis tesame met ‘n sterk flits en komberse. Daar is ook ‘n stok waarmee ons die deur van binne kan stut om toegang vanuit die huis te bemoeilik. Ins geval van ‘n onveilige situasie is almal geleer om onmiddellik en so stil as moontlik na die motorhuis te beweeg. Ons het seker gemaak dat ons slfoon ontvangs het, en die eerste persoon om in te kom, druk die noodknoppie op die selfoon.Het jy so ‘n veilige plek in jou huis?

Op pad en by die winkelsentrums.
Weet waarheen jy op pad is. Probeer om nie te verdwaal nie. Onthou dat om GPS te gebruik in ‘n vreemd e omgewing, moet jy vooraf seker maak van die name van twyfelagtige gebiede. Die korste roete is nie altyd die veiligste nie! Sorg dat jy saan in goed beligte gebiede is en vermy twyfelagtige gebiede.
Moet jou self nie met pakkies so oorlaai dat jy nie meer behoorlik om jou kan oplet nie.
As jy om die een of ander rede onveilig of bedreig voel, sorg dat jy erens kan inbeweeg waar dit veilig is. Mens het tog ‘n sesde sintuig wat jou waarsku (ons is net nie altyd goed daarop ingestel nie).
Waar moontlik neem iemand saam as jy by ‘n OTM geld trek. As dit verdag voorkom, trek eerder elders geld. Deesdae kan jy by Pick & Pay geld trek by die kassiere. Dit is baie veiliger.
As jy die karwag wil betaal, moenie in die straat met jou beursie staan en vroetel nie, wees gereed met die geld voordat jy die gebou verlaat. Dieselfde geld vir jou voertuig se sleutel.

In jou voertuig.
Vat jou selfoon saam as jy ry.
Wees versigtig en op die uitkyk as jy bestuur. Wees bedag op mense wat rondom afritte en robotte rond hang. Hou jou afstand agter die voertuig voor jou sodat jy, indien nodig kan uit beweeg. Sluit jou deur en hou jou vensters toe. Ry altyd met jou veiligheidsgordel. Behalwe vir veiligheid tydens ‘n ongeluk, is dit baie moeiliker om jou motor te kaap en jou uit die motor te dwing of te pluk. Hou items buite sig wat aanleiding kan gee tot breek en gryp- voorvalle by robotte, stopstrate en afritte.
Moenie rylopers oplaai nie, veral nie as jy vrou alleen is nie.
Wees op jou hoede vir motoriste wat gestrand is, dit word soms as ‘n lokval gebruik. Som die situasie goed op en bel vir hulp as dit verdag voorkom.
Parkeer waar daar goeie beligting is en dit veilig is.
Moet nooit items in die kar los terwyl dit geparkeer is nie.
As jou voertuig onklaar raak, bel vir hulp. As iemand hulp aanbied en dit kom verdag voor, se dat hulp reeds op pad is. Maak seker dat jy in jou motor ook jou noodnommers op ‘n kaartjie hou. Sit jou panieknommer in jou selfoon as ‘n snelbel opsie.

Maak oop jou dagboek…

30 May 2011 Comments Off


Dirk Taljaard

 

Skriflesing:

Psalm 127:1 en 2

1 As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs. As die Here die stad nie beskerm nie, waak dié wat dit beskerm, tevergeefs. 2 Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite ‘n bestaan te maak. Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap.

 

Hoe lyk jou program vir die dag? En vir die week? Sekerlik goed vol. Volgeprop met die dinge wat jy self wil of moet doen, maar ook met dié dinge wat ander van jou verwag! En in baie gevalle vorm laasgenoemde die grootste deel van jou program.

 

As jy ‘n werknemer is, is jou program onderworpe aan wat ander vir jou beplan het. Dis reeds vir jou vasgemaak. As jy ‘n ouer is, bepaal jou kinders se program grootliks hoe jou eie daar gaan uitsien. As jy vir jouself werk, moet jy baie maal probeer om jou mededinger een voor te wees, en verg dit groot kreatiwiteit.

 

Ons wil só graag by alles uitkom. Daarom is ons gedurig besig met beplanning en skedules. Dis ook goed so, solank ons net nie aan die einde van die dag moeg en moedeloos moet neersak in ‘n stoel – teleurgesteld omdat ons nie alles onder die knie kon kry nie.

 

Die Psalmdigter herinner ons gelukkig daaraan dat alles tevergeefs is as ons nie die basiese geloofswaarhede onthou nie:

• Alles hang nie in die eerste en laaste instansie van ons af nie. Ons het nie beheer oor die lewe nie, al wil ons dit graag glo. Ons word soms op wrede maniere daaraan herinner. Die Here bly in beheer van alles – ook ons tyd. Die mens wik, maak God beskik. En sy sorg strek verder as ons werksdag – Hy gee dit selfs vir ons in ons slaap!

• Wanneer ons aan Hom die regte plek in ons alledaagse bestaan gee, kom daar balans. Val dinge makliker in plek. Soos Jesus gesê het: As ons sy koninkryk soek en alles wat daarmee verband hou, gee Hy ons ook al die ander dinge. Dan word ons werk ‘n geleentheid om Hom te dien. Ons gesinsverantwoordelikhede raak geleenthede om saam iets van sy sorg en genade te beleef.

• Niks word sleurgang nie. Niks raak vervelig nie. Hy maak ons keer op keer opgewonde oor nuwe uitdagings en geleenthede.

Moenie jou vandag dood bekommer oor hoe jy alles gaan baasraak nie. Raak rustig in die wete dat hy alles – ook jou program – beheer.

 

Gebed:

Dankie, Here, dat ek my hele program vir vandag in u hand kan laat. Lei my op die paaie wat U vir my bestem het.